Owner Adrian Stander with his wife Marietta

Die Stander familie

Omtrent ons

Gestig in 1994, Adrian en Marietta is die eienaars van Sonstraal Tuindienste wat gebaseer is in Knysna.

Ons lewer 'n diens aan Korporatiewe, Industriele, en die Residensiële mark.

  • Ervare en gekwalifiseerde tuin onderhoud met 'n uitstekende reputasie
  • Voltydse geregistreerde werknemers
  • Bestuurs toesig en beheer

Ons bied 'n grasperk diens vanaf R150 en volledige tuindienste vanaf R250 per besoek , met prys vasstelling gebaseer op 'n uurlikse tarief wat insluit 'n besoek aan u tuin - Gratis!

Ons dienste

Ons dienste word uitgevoer op 'n weeklikse of twee-weeklikse basis maar kan ook aangepas word om in u behoeftes te voorsien.

Ons geskiedenis

Op 'n jong ouderdom van 22 en met die aankoop van my eerste huis in Ladysmith, Natal, het my passie vir tuinmaak en tuin-landskap begin, toe die werklikheid van 'n volledige skepping van 'n nuwe tuin op 'n voorheen onontwikkelde stuk grond, my in die oë gestaar het.

Ek het die uitdaging aanvaar en binne drie jaar 'n 2de prys behaal in die "Tuin van die Jaar" kompetisie, waartydens die hele dorp beoordeel is.

Hierdie prestasie het my geïnspireer om my talent uit te leef en oor die volgende dertig jaar het ek met my deelname aan tuin kompetisies, talle toekennings in verskeie dorpe en stede waar ek gewoon het verwerf insluitende plekke soos Queensburgh, Windhoek, Westville, Pinetown, en nog meer.

Op vroeë aftrede na Knysna het ek en my vrou Sonstraal Tuindienste aangekoop. Dit was my voorneme om tydens my aftrede myself besig te hou met die dinge wat ek geniet en saak maak in my lewe. Die besluit was baie eenvoudig....TUINMAAK!

Oor die volgende vyftien jaar en selfs voor ons oorname het Sonstraal Tuindienste oor die jare 'n bekende en gewilde tuindienste in Knysna geword, en besit ons steeds vandag jarelange kliënte van so lank terug as 2004.

Ons is trots op die feit dat ons, op 'n klein skaal bedryf, maar steeds 'n klein span sal bly om te verseker dat persoonlike beheer en toesig ten alle tye uitgevoer kan word.

Sekuriteit

Sekuriteit is een van die belangrikste kwessies in ons lewens, en ons is trots op die feit dat ons NOOIT van die dienste van tydelike werkers gebruik sal maak nie. Alle personeel in ons span is voltyds-gekontrakteer en geregistreerde werknemers, en werksaam by ons oor verskeie jare.

Weeklikse of twee-weeklikse onderhouds-planne beskikbaar

Grasperk diens vanaf R150. Tuindienste vanaf R250 per diens.

Dienste

Sonstraal Tuindienste is passievol en kundig wanneer dit by die versorging van u tuin kom. Die span het jarelange ondervinding, en is trots op die werk wat deur ons uitgevoer word, onder leiding van 'n bekroonde landskapkundige as eienaar en ons seun, Adrian, as mede toesighouer.

Sonstraal Tuindienste bied die volgende dienste aan:- in Knysna, en omliggende voorstede.

Tuindienste
  • Omvattende bestuur
  • Vorming en snoei van bome
  • Chemiese bespuiting van onkruid en geplaveide gebiede
  • Snoei van struike
  • Snoei van heinings
  • Vee en skoonmaak van plavei areas
  • Sny / randafwerking van grasperke
  • Kleinskaalse tuinuitleg
  • Erf skoonmaak en grasplanting
  • Beperkte boom saag
  • Draai en skoffel van blombeddings
  • Verwydering van tuinvullis
  • Tuin skoonmaak
  • Bemesting
  • Plant

Bedieningsgebied: Knysna, die omliggende voorstede en Buffelsbaai

Ons het 'n buigbare benadering ten opsigte van die onderhoud van u tuin wat ons in staat stel om 'n onderhouds-plan aan u voor te lê met in ag genome u vereistes, behoeftes en keuses.

Kontak ons vir ’n gratis kwotasie

Verwysings

Ons is trots op die feit dat ons baie gelukkige en tevrede kliënte oor die jare gehad het, en steeds het, en dat die oor grootte meerderheid van ons kliënte na ons verwys is deur ons bestaande kliënte. Ons ag dit as 'n pluimpie vir die dienste wat ons lewer.

Ons lys van sommige van die kliënte wat ons bygestaan het met die skep en instandhouding van onberispelike tuine en grasperke sluit die volgende in:-

  • First Resorts
  • Pool & Leisure
  • Watermark Marine
  • Knysna Plett Herald
  • Knysna Presbyterian Church
  • Advanced Private Hospital
  • Theatre on Track
  • SAB Miller
  • Tsitsikama Bakeries
  • John Benn Co.
  • Nobopro
  • Concordia Timbers
  • Trafalgar-Simola
  • Mediclinic
  • Knysna Yacht Co.
  • Youth for Christ
  • Badisa - Loeriehof
  • Blend Restaurant
  • Amble Ridge
  • Stepping Stones

Daarbenewens bedien ons ook 'n groeiende aantal eiendomsagente, gastehuise en deeltitel korporasies.

Sluit aan by ons groeiende lys van tevrede kliënte!

Kontak ons vir ’n gratis kwotasie